Afrikaans: Hierdie sprankelende stergewemel is
Messier 5 – 'n bolvormige
sterreswerm wat bestaan uit honderde duisende sterre wat deur hul kollektiewe swaartekragveld saamgebind word.
Messier 5 is egter nie 'n normale bolvormige sterregroep nie. Eerstens is dit 'n ongelooflike 13 miljard jaar oud, en kan dus tot redelik kort na die ontstaan van die heelal, sowat 13,8 miljard jaar gelede, terugdateer word. Dit is ook een van die grootste sterretrosse aan ons bekend, en op 'n afstand van slegs 24 500 ligjare ('n halwe Melkweg-radius) is dit geen wonder dat Messier 5 'n gewilde teiken vir sterrekundiges se teleskope is nie.
Messier 5 is ook raaiselagtig. Sterre in bolvormige groepe word tipies saam oud en afgeleef, en ons kon vrywel aanvaar dat die hedendaagse Messier 5 uit ou, lae-massa
rooireuse en ander antikwariese sterre moes bestaan. In stede wemel dit hier van jong blou sterre wat bekend staan as
bloudwaalsterre. Hierdie onstuimige sterre vlam op wanneer sterre bots, of materiaal van mekaar afsleur.
English: This sparkling jumble is Messier 5 – a globular cluster consisting of hundreds of thousands of stars bound together by their collective gravity.
But Messier 5 is no normal globular cluster. At 13 billion years old it is incredibly old, dating back to close to the beginning of the Universe, which is some 13.8 billion years of age. It is also one of the biggest clusters known, and at only 24 500 light-years away, it is no wonder that Messier 5 is a popular site for astronomers to train their telescopes on.
Messier 5 also presents a puzzle. Stars in globular clusters grow old and wise together. So Messier 5 should, by now, consist of old, low-mass red giants and other ancient stars. But it is actually teeming with young blue stars known as blue stragglers. These incongruous stars spring to life when stars collide, or rip material from one another.